Namibiese leerders presteer in IEB-eksamen

Altesaam 167 Namibiese leerders het die Internasionale Sekondêre Sertifikaat-eksamens geskryf wat deur die Onafhanklike Eksamenraad, die IEB, aangebied word. Altesaam 489 kandidate van Namibië, Eswatini en Mosambiek het vanaf 19 Oktober tot 23 November 2022 die eksamens afgelê. Drie Namibiërs het uitstekende prestasies behaal wat binne die top-vyf persent van kandidate in ses of meer vakke 80 persent of meer behaal het. Die drie kandidate van Namibië is Gerhard Koen van die Privaatskool Keetmanshoop, Marion Botma van Privaatskool Elnatan en Juan Botha van Windhoek Afrikaanse Privaatskool.