Namibiese landbou-sektor deur mans oorheers

‘n Namibiese landbou-kenner het gereageer op ‘n Wes-Kaapse belangegroep se mening dat die Covid-pandemie ‘n impak het op vroue wat op plase werk, met werkloosheid en geslagsgeweld wat skerp styg. Die koördineerder van gesondheid en bemagtiging van Vroue op Plase, Micaelah Rose, sê geslagsgeweld neem toe omdat gesinslede almal saam by die huis is. Sy voeg by met onlangse minimumloon-verhogings vir plaaswerkers, werk sommige van hulle minder ure. Dit beteken hulle verdien nie soveel soos voorheen om huis toe te neem nie. Wallie Roux sê alhoewel daar geen syfers is om dit te vergelyk nie, word die Namibiese landbousektor meestal deur mans oorheers.