Namibiese krieket loop oop, o.19’s in Indië, bo-40’s wen in SA

Namibië se Onder-19 spelers is in Indië en speel oefenwedstryde teen ‘n Onder-19 uitnodigingspan van die Karnataka Staat Krieketvereniging. Die wedstryde in Indië vorm deel van die Namibiese span se voorbereidingsproses vir die Onder-19 Wêreldbeker in 2024. Muller gesels ook hieroor en Namibië se nasionale vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles.

En daar is nog sukses vir Namibiese krieket met die Namibiese oor-40 mansspan wat Suid-Afrika in die Bo-40 Afrikabeker-toernooi in Pretoria met sewe paaltjies geklop het.