Gore maak lelike aantygings teen COP28-president wat olie en gas wil bevorder

Die voormalige Amerikaanse visepresident, Al Gore, sê die kanse vir ware vordering by die komende Verenigde Nasies- klimaatsveranderingkonferensie, COP28, is erg geskaad deur die aanwysing van die uitvoerende hoof van ‘n oliemaatskappy as onderhandelings-leier. Die president van COP28 in die Verenigde Arabiese Emirate, Sultan al-Jaber, misbruik na bewering sy rol in die geheim om oliehandelsooreenkomste met buitelandse regeringsamptenare te bevorder. Gore sê die misbruik van internasionale klimaatgesprekke om verdere steun te werf vir die pomp van meer olie en gas in ‘n tyd wanneer fossielbrandstowwe eintlik dringend uitgefaseer behoort te word, is uiters skokkend.