Namibiese kospryse styg in Desember 2022

Volgens die Verbruikersprys-indeks het die pryse van kos en nie-alkoholiese drankies tot 11,8 persent in Namibië gedurende Desember 2022 gestyg, vergeleke met 5,1 persent in Desember 2021. Brood en graan is die voedsel-items wat Namibiërs die meeste koop en pryse het met 18,2 persent gestyg. Die pryse van olie en vette het met 20,8 persent geklim, dié van vrugte met 20,5 persent, groente met 12 persent, en suiker, konfyt en sjokolade met 11,7 persent.