Namibiese Korrektiewe Dienste tevrede met werwingsproses
Die Namibiese Korrektiewe Dienste se werwingsproses is goed op dreef in verskeie plekke regoor die land. Die dienste het ‘n oorweldigende aantal aansoeke ontvang wat gesny is tot byna 16 000 kandidate wat op die kortlys is. Hulle gaan tans deur verskillende soorte evalueringstoetse met slegs 200 rekrute wat uiteindelik in diens geneem sal word. In Windhoek vind die toetse by die Khomasdal-stadion plaas. Die dienste se adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange is tevrede met die vroeë stadium van die proses.