Wes-Kaapse ongeluksyfers daal

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die nuus oor die 36,7 persent afname in sterftes in die provinsie tydens die 2022-feestyd. Die aantal sterftes het tot 131 gedaal vanaf 207 in 2021, wat die grootste afname op nasionale vlak is. Die DA-lid, Ricardo Mackenzie, sê hy het parlementêre vrae by die provinsiale departement van beweeglikheid ingedien om navraag te doen oor verdere besonderhede rakende pad-statistiek in die feestyd.