Namibiese Kamer van Mynwese hou jaarvergaderingApril 20, 2023

Die Namibiese Kamer van Mynwese hou op 26 April hul algemene jaarvergadering. Namibië se mynbousektor het in die derde kwartaal van verlede jaar met 22 persent gegroei en het sowat 1,8 persent van die algehele arbeidsmag uitgemaak. Maar, daar is kritiek. Die skadu-finansminister en LP van die PDM-opposisieparty, Nico Smit, sê waardetoevoeging en plaaslike besit is die grootste uitdagings vir die sektor. Die fondse wat verdien word bestaan uit belasting en tantieme en die groot winste verlaat veral Namibië, omdat minerale in rou vorm uitgevoer word. Op die oomblik dra Namibië se diamante by tot die ekonomiese herlewing. Die kamer se vergadering vind om half-drie die middag in die hoofstad plaas.