Namibiese kabinet keur Nasionale Voedsel- en Voedingsraad goed

Die Namibiese kabinet het die vestiging van die Nasionale Voedsel- en Voedingsraad goedgekeur met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila as die voorsitter. Dié raad val onder die mandaat van die landbouministerie wat vir die implementering van die nasionale voedsel- en en voedingsekuriteitbeleid verantwoordelik is. Die Voeding- en Voedselsekuriteit Alliansie van Namibië is deur die kabinet as die tegniese vennoot bekragtig.