Bewerings ontken dat Suid-Afrika inenting vir matrikulante verpligSeptember 16, 2021

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys het bewerings ontken dat hy inenting vir matriekleerlinge verpligtend gaan maak. Die departement sê leerders sal nie verplig wees om ingeënt te wees voor hul toegelaat word om eksamen te skryf nie. Woordvoerder, Elijah Mhlanga, verduidelik 18-jarige matrikulante is wel sterk aangemoedig om die entstof te ontvang, maar sal nie gedwing word nie. Die inentingsveldtog sal egter via mobiele persele na skole geneem word om inenting meer toeganklik te maak vir leerders wat in aanmerking kom. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *