Namibiese justisieminister: Verkragtingsvonnise moet seksuele geweld uitroei

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, sê die toenemende voorvalle van seksuele geweld in die land is baie kommerwekkend. Sy sê die onlangse goedkeuring van die Wysigingswet op Bekamping van Verkragting moet gesien word as ‘n poging om voorvalle van seksuele geweld aansienlik te verminder en/of uit te roei. Die Wysigingswetsontwerp  het verkragtings-vonnisse verhoog van ‘n minimum van 15 tot 20 jaar ten opsigte van oortreders wat aan verkragting skuldig bevind word waar die klaer ernstige liggaamlike of geestelike beserings opgedoen het en onder die ouderdom van 13 is en dus buitengewoon kwesbaar is. Die vonnis vir ‘n eerste skuldigbevinding aan verkragting word van ‘n minimum van vyf tot tien jaar verhoog, en waar die verkragting onder dwang-omstandighede gepleeg word, word die vonnis nou van ‘n minimum van tien tot 15 jaar verhoog.