Namibiese jongmense sal nie nou entstof ontvang nie

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê jongmense tussen 12 en 17 sal nie plaaslik in aanmerking kom vir die Covid-inenting nie. Sy eweknie in Suid-Afrika Joe Phaahla, het aangekondig dat die groep van volgende Woensdag af hulle Covid-19 Pfizer-inentings sal kan kry. Shangula het Kosmos 94.1 Nuus gepraat.