Namibiese joernaliste vereer, Kaure sê hy moes bewusmaking skep

‘n Namibiese joernalis, Adolf Kaure, wat ‘n toekenning by die Afrika Merck-stigting gewen het, wens die ander drie Namibiese joernaliste geluk met hul prestasies. Drie vroulike Namibiese joernaliste, Sonja Smith, Shireen van Wyk en June Shimuoshili het ook toekennings van die Afrika Merck-stigting ingepalm. Om vir die toekenning met die tema ”Mask up with Care” in aanmerking te kom, sê Kaure aan Kosmos 94.1 Nuus hy moes bewusmaking geskep het oor die Covid-virus in Afrika.