Namibiese jeug hou eie klimaatberaad

Klimaatsverandering bly ‘n voortdurende uitdaging met die Namibiese jeug wat ‘n plaaslike konferensie oor klimaatsverandering op 23 en 24 Oktober gaan hou. Namibiese jeug gaan bemagtig word om op te tree deur besprekings en volhoubare beplanning om klimaatsverandering te beveg. Toni Amutenya, die koördineerder van die plaaslike konferensie vir die jeug, sê 42 streeksverteenwoordigers gaan deelneem.