Gemengde reaksie oor Wysigingswet op Basiese Onderwys

Die nuwe Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette in die buurland het gemengde reaksie ontlok. Sommige belanghebbendes is ongelukkig met die aanbevelings wat daarin vervat is. Alternatiewe onderwysgroepe en tuisonderrig-sentrums waarsku dat hulle nie behoorlik toegerus is om wysigings in die sektor te hanteer nie en dat die wette hulle perke oorskry. Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir basiese onderwys, Bongiwe Mbinqo-Gigaba, sê meer as 18 000 voorleggings is ontvang. Sy sê die meerderheid van die voorleggings verwerp die wysigings.