Namibiese jagluiperd in Indië dood

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat een van Namibië se jagluiperds wat na Indië gestuur is, dood is. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda het die vyfjarige jagluiperdwyfie nierversaking gehad en sy was die afgelope drie maande onder mediese sorg. Sy was in ‘n kwarantyn vir waarneming en behandeling. Muyunda sê tans is vier van die Namibiese jagluiperds vrygelaat in die natuur en hulle jag en word gemonitor. Hy sê die idee om jagluiperds ná uitwissing in Indië weer daar te vestig, sal nie deur hierdie geïsoleerde voorval belemmer word nie.