Koop Plaaslik-ekspo in Johannesburg aangebied

Die Suid-Afrikaanse minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, sê die Koop Plaaslik-ekspo-beraad in Johannesburg is ‘n belangrike gebeurtenis en bied uitstallers die geleentheid om hul plaaslik-vervaardigde produkte ten toon te stel. Patel het in die Sandton-konvensiesentrum gesê dit sal werkskepping aanmoedig, die afhanklikheid van maatskaplike toelaes verminder en bydra tot die ekonomie deur ekonomiese burgerskap.