Namibiese inlyn-manne speel môre teen Suid-Korea

Die Namibiese nasionale junior inlyn-manshokkiespan kom môre middag om half-drie plaaslike tyd te staan teen Suid-Korea in die Wêreldkampioenskap wat tans in Buenos Aires, Argentinië, gehou word. Die span het vanmiddag 7-6 in sy tweede wedstryd in Groep A teen Frankryk verloor. In Maandag se wedstryd het die tuisspan 4-1 teen die Namibiërs verloor.