Namibiese hotel- en restaurantsektor tel op

Positiewe prestasies is in die hotel- en restaurantsektor in die tweede kwartaal beleef, volgens die Namibië Statistieke-agentskap. Dit is onder meer weens die verslapping van die Covid-regulasies. Die sektor het met 34,3 persent gegroei in vergelyking met die daling van 50 persent wat in 2020 geregistreer is. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die sektor toon ‘n positiewe neiging.