Namibiese Hidrologiese Dienste maan teen vloede in Noordooste

Die Namibiese Hidrologiese Dienste maan teen vloede in die noordoostelike riviere en die oostelike Zambezi-vloedvlakte. Die Zambezirivier bly styg en sy vlak was vanoggend 5,05 meter by Katima Mulilo. Die Okavangorivier se vlak het vanoggend tot 5,88 meter gestyg. Watervlakke in die sentrale Cuvelai Iishanas het ook ná die naweek se reën met nege sentimeter gestyg. Vloei in die Kunenerivier by Ruacana het tot 249,4 kubieke meter per sekonde verhoog.