Namibiese handelsbeleid onder die loep

Die Namibiese handelsministerie het in samewerking met die Ekonomiese Kommissie vir Afrika, die Afrika Handelsbeleidsentrum en die Verenigde Nasies in Namibië, vergader om Namibië se Nasionale Handelsbeleid te bekragtig. Die Konsep Nasionale Handelsbeleid skets beleidsmaatreëls en strategieë wat handel in beide goedere en dienste wil bevorder en volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling van Namibië te anker. Die vergadering is bygewoon deur verteenwoordigers van die ministeries van handel, landbou, mynbou en energie, akademici, kundiges van semi-staatsinstellings, die Nasionale Beplanningskommissie, die Namibiese Statistiese-agentskap, die finansiële sektor, vroue-organisasies en die jeug. Elijah Mukubonda woordvoerder van die handelsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…