Namibiese gesondheidsministerie stel Trusted Traveller System bekend

Die Namibiese gesondheidsministerie in samewerking met die Afrika-unie en Afrika Sentrum vir Siektebeheer het vandag die Trusted Traveller System van stapel gestuur wat op 15 November geïmplementeer sal word. Dit bied ‘n digitale platform vir die verifiëring en goedkeuring van die uitslae van Covid-toetse van ‘n netwerk van geakkrediteerde laboratoriums wat vir die siekte toets, asook gesondheidsowerhede by grensposte. Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, stel die stelsel owerhede in staat om enige bedrog of vervalsing van uitslae vinnig op te merk.