Namibiese gesondheidsministerie is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag oor die Omikron Covid variant

Die Namibiese gesondheidsministerie is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en
monitor die nuwe Covid-19-variant, Omikron noukeurig, maar het terselfdertyd mense
aangemoedig om kalm te bly en alle voorkomende maatreëls toe te pas. ’n Hele aantal
lande het vlugte na en van Namibië en ander Suider-Afrikaanse lande opgeskort as
gevolg van die nuwe variant. Volgens ‘n verklaring van die Uitvoerende Direkteur van
Gesondheid, Ben Nangombe, het Namibië nog geen geval van Omikron tot dusver
aangemeld wat die Wêreldgesondheidsorganisasie as ‘n variant van kommer verklaar
het nie.