Namibiese gesondheidsministerie doen opname oor masels en Duitse masels

Die Namibiese gesondheidsministerie is tot 22 Desember besig met ‘n geïntegreerde landswye opname-veldtog van masels en Duitse masels. Die doelwit is om data oor immuniserings in te samel wat toekomstige strategieë sal inlig met die oog op die verhoging van roetine immunisering van kinders tussen 9 maande en 5 jaar oud. Die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.