Namibiese ekonoom sê oor impak van Rusland en Oekraïne op voertuigverkope

‘n Namibiese ekonoom reageer op Rusland en die Oekraïne wat die sleutel-uitvoerders van goedere is wat in die vervaardiging van mikroskyfies gebruik word wat ‘n impak op voertuigverkope kan hê. Simonis Storm het vandag die voertuigverkopeverslag vir Februarie uitgereik. ‘n Totaal van 883 nuwe voertuie is in Februarie vanjaar verkoop, teenoor 893 in Februarie 2021. Op ‘n maandelikse basis het voertuigverkope met 25,2 persent gestyg vanaf 705 wat in Januarie vanjaar verkoop is, maar, op ‘n jaargrondslag, het verkope met 1,1 persent afgeneem. Theo Klein van Simonis Storm is van mening dat verkope vanjaar beter sal vertoon teenoor 2021 as gevolg van ‘n hoë vraag na nuwe voertuie, maar ‘n beperkte aanbod.