Namibiese ekonoom: Impak van SA onrus dadelik gevoel

Namibië is afhanklik van Suid-Afrika van goedere en met die onrus en plundery, gaan dit ‘n erge impak op Namibiërs se lewens hê. Namibiese ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence, het gesê Namibiërs gaan onmiddellik die impak voel met die invoer van produkte, veral met goedere wat per pad vanaf Suid-Afrika na Namibië vervoer word. Hei het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.