Namibiese ekonoom: EU se reisbeperkings gaan impak op ekonomie hê

‘n Namibiese ekonoom reageer op die raad van die Europese Unie wat ‘n tydelike beperking op nie-noodsaaklike reise vanaf Namibië en Jordanië geplaas het. Die toerismesektor het nog ‘n terugslag met hierdie nuus beleef. Ekonoom Erastus Gabriel verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat hierdie soort besluite vir die toerismesektor en die man op straat beteken. Hy het ook gesê hy hoop die President en sy span sal die regte ding doen en nie die land gedurende Desember inperk nie.