Bekker, Schietekat voorlopers in SA Gholf Ope

Gholf: Oliver Bekker en Neil Schietekat is die gesamentlike voorlopers in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope by die Gary Player-buiteklub in Sun City. Die twee het gister die eerste ronde op sewe-onder-baansyfer 65 begin en is een hou voor Bryce Easton en Lyle Rowe. Die verdedigende kampioen, Christiaan Bezuidenhout, is vyf houe agter. Bekker sê hy is tevrede met sy spel in die eerste rond.