Namibiese ekonomiese kenner is nie verras oor SA se inkomste status

‘n Namibiese ekonomiese kenner het gereageer op ‘n adviesgroep wat sê Suid-Afrika se middel-inkomste status kom tot ‘n einde. Suid-Afrika se politieke en ekonomiese agteruitgang is besig om te versnel en die land loop die risiko om teen 2028 ‘n laer-middel-inkomste nasie te word, toon ‘n model wat deur Eunomix Business & Economics ontwikkel is. Teen 2020 het die land se inkomste per capita tot driekwart van die wêreldgemiddelde gedaal en was onder dié van middel-inkomste eweknieë, het Eunomix gesê. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die department van ekonomie aan Unam, verduidelik hoe lande se inkomste-status werk.

Hy sê hy is nie verras oor die situasie waarin Suid-Afrika homself bevind nie.