Namibiese dokter wen foto-kompetisie oor pandemie

‘n Mediese dokter en finale jaar inwonende lid van die Namibiese Veld Epidemiologiese Opleidingsprogram aan die Universiteit van Namibië, dr. Lahja Ipinge, het ‘n internasionale foto-kompetisie gewen. Sy het die impak van epidemiologie vasgevat met foto’s wat in die veld geneem is. Ipinge het die foto geneem toe sy aan boord van ‘n 1 300 voet vaartuig met ‘n touleer gegaan het om Covid-smeermonsters van onwettige immigrante geneem het wat deur Namibiese waters geseil het. Sy het die kompetisie uit 70 genomineerdes wêreldwyd geneem.