Namibiese diplomaat toets positief vir Omikron-variant in Japan

Die man wat uit Namibië na Japan gereis en positief vir die nuwe Omikron-variant getoets het, is ‘n diplomaat van Namibië in sy dertigs, het Japannese owerhede bevestig. Die man het Japan via die Narita-lughawe naby Tokio binnegekom. Dit volg nadat Japan se eerste minister, Fumio Kishida, sy grense vir alle buitelanders gesluit het. Namibië se gesondheidsministerie stel nog ondersoek in na die vlugroetes wat deur die Namibiese man gebruik is uit Japan na Namibië en terug gereis het. Ondersoek word ook gedoen na mense met wie hy in Namibië in aanraking gekom het. Die ministerie het gister bekendgemaak dat ‘n 60-jarige Tsjeg wat Namibië onlangs besoek het, met haar terugkeer na die Tsjeggiese Republiek ook positief getoets het vir die Omikron-variant.