Namibiese damvlakke staan gesamentlik op 79,2 persent

Namibiese damvlakke staan gesamentlik tans op 79,2 persent teenoor verlede week se 79,8 persent, volgens die weeklikse dambulletin van NamWater. Altesaam 4,77 miljoen kubieke meter water het uit die Neckartaldam in die Suide verdamp wat tans op 95,8 persent staan teenoor verlede week se 96,3 persent. Die Suide-damme is gesamentlik 85,4 persent vol, die sentrale damme 73,1 persent en Gobabis se damme slegs 32,9 persent.