Namibiese damvlakke laer as verlede jaar

Kommer heers oor Namibiese damme weens die gebrek aan reën. Damvlakke staan tans gesamentlik op 69,7 persent teenoor verlede jaar se 84,8 persent. Water word steeds vanaf die Swakoppoort en Omatako-dam na die Von Bachdam gepomp. Die Swakoppoort se vlak staan op 76,4 persent en Von Bach op 28,7 persent. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,5 persent tydperk vol. In die Suide het die Neckartaldam ‘n verlies van 2,912 miljoen kubieke meter water gehad en die Hardapdam ‘n verlies van 2,875 miljoen kubieke meter met sy vlak nou op 41,6 persent. Verlede jaar hierdie tyd was die Hardapdam 71,5 persent vol. Die Oanobdam by Rehoboth is 62,5 persent vol, vergelek met verlede jaar se 84 persent