Namibiese damme saam 82,6% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 82,6 persent vol teenoor verlede jaar se 86,3 persent die ooreenstemmende tydperk. Die Suide-damme is steeds propvol met die Nautedam op 99,3 persent en die Neckartaldam 99,2 persent, selfs met die verlies van 2,911 miljoen kubieke meter water. Uit die Hardapdam is 1,173 miljoen kubieke water vrygelaat wat nou 69 persent vol is. Die Von Bach-dam het ook ‘n verlies van 1,009 miljoen kubieke meter water gehad en staan nou op 50,1 persent.