Namibiese damme saam 79,8% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,8 persent  vol, teenoor verlede jaar se 80,9 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 87,5 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautdam op 92 persent. Sentrale damme is tans 54,2 persent vol teenoor verlede jaar se 76,7 persent dieselfde tydperk. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 20,1 persent vol teenoor verlede jaar se 36,7 persent.