Namibiese damme is saam 77,9% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 77,9 persent  vol, teenoor verlede jaar se 80,2 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 86,8 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautedam op 90,8 persent. Sentrale damme is tans 52,7 persent vol teenoor verlede jaar se 74,9 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 46,9 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 19,4 persent vol teenoor verlede jaar se 33,6 persent.