Vier op Walvisbaai vasgetrek oor vervalste siekverlofbriewe

Die Erongo-polisie het ‘n man en vrou van Kuisebmond aangekeer, wat blykbaar deel was van ‘n groter groep wat betrokke was by die verkoop van vals siekverlofbriewe in en om Walvisbaai. Dit volg nadat ‘n Walvisbaaise sakevrou onraad vermoed het toe sy haar werknemers siekverlofbriewe ondersoek het. Twee werknemers van die sakevrou is ook in hegtenis geneem. Tot dusver is twee ‘vals dokters’ en die twee werknemers in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog oor die beweerde vervalsing van dokumente. Die twee beweerde verkopers van die siekverlofbriewe is glo gevind in besit van leë mediese sertifikate en een van twee vermiste stempels van die Namibiese gesondheidsministerie, wat na bewering ‘n tyd gelede uit die Walvisbaaise staatshospitaal gesteel is. Nog ‘n verdagte is op die vlug. Die vier verdagtes het  in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.