Namibiese damme gesamentlik 82,4% vol

Namibiese damme is gesamentlik tans 82,4 persent vol. Dit is twee persent minder as verlede week. Damme wat die sentrale streek van water voorsien, is altesaam 80,5 persent vol met die Von Bachdam wat op 64,1 persent staan. Gobabis se damme is slegs 36 persent vol, maar die Tilda Viljoendam staan op 73,1 persent. Die Suide se damme is gesamentlik 88 persent vol met die Neckartaldam op 97,1 persent en die Nautedam op 94,1 persent.