Namibiese Covid-sterfgevalle staan op 4 088

Die Namibiese gesondheidsministerie het die afgelope week twee Covid-sterftes op Rundu en Onandjokwe aangemeld wat die sterftesyfer op 4 088 te staan bring. Altesaam 126 nuwe gevalle is uit 659 toetsuitslae in elf streke aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 19,1 persent verteenwoordig. Die nuwe gevalle sluit 20 leerders, ses studente, en twee elk onderwysers en gesondheidswerkers in. Daar is tans 184 aktiewe gevalle, waarvan sewe pasiënte steeds in hospitale is. Altesaam 28,1 persent van die teiken-bevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.