Krieket: Proteas speel môre teen Engeland

Krieket: Terwyl die SA20 ʼn blaaskans geniet, verskuif die fokus na internasionale krieket. Die Proteas speel môre in die eerste internasionale eendag-wedstryd op die Mangaung Oval in Bloemfontein teen Engeland. Die drie eendag-wedstryde is deel van ʼn aller-belangrike Wêreldbeker Superliga waar Suid-Afrika alles moet uithaal om een van die agt spanne te word wat outomaties vir die Wêreldbeker in Oktober kwalifiseer. Temba Bavuma voer die groep van 16 aan.