Namibiese byeboerderye uit die blokke uit

Almal in Namibië weet van beesboere, mielieboere en groenteboere… maar bye? Het jy geweet dat dyeboerdery in Namibië bestaan al meer as 100 jaar met beide tradisionele en moderne byeboerdery-metodes. Die Byeboerdery-vereniging van Namibië is twee jaar gelede gestig tydens ‘n vergadering van die Namibiese omgewingsministerie en het ook nou by die Namibiese Landbou-unie aangesluit. Die vereniging het sedertdien ontwikkel tot die eerste geregistreerde nasionale organisasie vir byekunde in Namibië. Gretchen Bürmeister, komiteelid van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 oor byeboerdery in die land.

Plaaslike heuning is volgens Bürmeister uiters gesondheid en kan as medisyne geag word. Sy verduidelik.