Collard gesels oor beurtkrag, mielies, verwerking en kospryse

Die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep Ian Collard, het sy kommer uitgespreek oor die voortslepende kragvoorsiening-uitdagings in Suid-Afrika. Hy sê dit kan uitbrei na ‘n groter krisis, in streeksverband. Terwyl hy nie glo dit sal die huidige mielie-oes raak nie, is daar kommer oor verwerking van voedselprodukte.

Die mark is ook volgens Collard onvoorspelbaar maar, sou toestande bestendig bly sal daar nie geweldige prysstygings wees nie.