Namibiese bruin hiëna-navorser vanaand op die kassie

Die bekende Suid-Afrikaanse vervaardiger van die dokumentêre natuurrolprent, Stroop, en TV-aanbieder, Bonné de Bod, kuier in vanaand se episode van haar natuurlewe-program, Bewonder en bewaar, in die Skedelkuspark by die Namibiese bruin hiëna-navorser, Emsie Verwey. Verwey gaan kykers ‘n blik gee op dié sku roofdier, wat dikwels misverstaan word en as lelik beskryf word. Skakel vanaand om agt-uur op kykNET se kanaal 144 in. De Bod gesels met Kosmos 94.1 Nuus.