Namibiese bokser stuur opponent planke toe

Die Namibiese bokser Fillemon Nghutenanye het sy WBA Pan-Afrika vlieggewig-titel suksesvol verdedig nadat hy die Suid-Afrikaner Theo Nxayiphi in die vierde ronde planke toe gestuur het. Die bokstoernooi is Saterdag deur die MTC Salute Boxing Academy in die Rooms-Katolieke Kerksaal in Windhoek aangebied.