Namibiese boer dankbaar vir finansiering van EIF

‘n Namibiese boer het gereageer op die Sikanjabuka-akkerbouprojek in die Zambezi-streek wat met 4,956 miljoen Namibiese dollar deur die Omgewingsbeleggingsfonds, die EIF, gefinansier is. Die projek sluit in ‘n kweekhuis-stelsel wat deur hernubare energie aangedryf word, met ‘n 10 000 liter watertenk wat op die terrein geïnstalleer is, asook drie boorgate wat gerehabiliteer en met sonkrag toegerus is. Daarbenewens het die projek ‘n trekker en implemente vir volhoubare weiveld-bestuur aangeskaf en asook byekorwe vir heuning-produksie. Die projek het ‘n rekord-oes vroeg vanjaar aangeteken. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshikoto-streek wat ook ‘n finansiering van die EIF gekry het, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit plaaslike gemeenskappe help.