Namibiese Bloedoortappings sê daar is nog net bloed vir drie dae

Die laaste vakansiegangers is op pad terug huis toe en daar heers kommer oor motorongelukke die naweek op Namibiese paaie. Wanneer ongelukke gebeur, word bloed dringend vir beseerdes benodig. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens sê hulle ervaar ‘n kritieke tekort aan bloed en het nog net bloed vir drie dae. Titus Shivute van die diens doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk om lewens te red.