Namibiese Akkerbouraad sluit weer grense vir agt produkte

Die Namibiese Akkerbouraad het die grense vir die invoer van agt akkerbou-produkte tot 31 Desember gesluit om Namibiese produsente te beskerm wanneer daar voldoende plaaslike voorraad is. Namibiese grense is gesluit vir beet, gekleurde en groenrissies, spinasie, wortels, konfyt-tamaties, waatlemoene en spanspekke. Dis is presies dieselfde hoeveelheid gewasse waarop invoere na die land ook in November beperk was. Dit is ‘n aanduiding dat plaaslike aanbod voldoende is om aan die plaaslike vraag na sekere produkte te voldoen.