Namibiese Aandelebeurs wys top-presteerders van 2022 aan

Die Namibiese Aandelebeurs, die NSX, het ‘n totaal van 609,6 miljoen Namibiese dollar in 2022 verhandel. Dit was die vyfde hoogste bedrag wat sedert 2012 verhandel is, volgens Cirrus Securities, en dit was ‘n gemiddelde jaar van verhandeling vir die beurs. Die aandeel wat die meeste verhandel is in 2022, was Namibia Breweries Limited met 261,8 miljoen dollar. Die drie top-presteerders op die NSX verlede jaar was Letshego Holdings Namibia, Oryx Properties en FirstRand Namibia. NSX se swakste presteerders vir 2022 was Standard Bank Namibia Holdings, Mobile Telecommunication, en Namibia Breweries, wat 7,1 persent gedaal het. Namibia Breweries was die top-presteerder in 2021 ná die samesmeltingsnuus met Heineken en Distell.