Namibiërs wag steeds op AstraZeneca

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidministerie, Ben Nangombe, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om nie paniekerig te raak om met hul tweede dosis van AstraZeneca-entstof ingeënt te word nie. Hy het gesê sowat 70 000 mense wag vir hul tweede dosis en dat hul wagtydperk al verby is. Nangombe sê volgens data van die Wêreldgesondheidsorganisasie kan die tweede dosis vir tot ses weke uitgestel word. AstraZeneca het al vroeg in Julie in Namibië opgeraak en daar word gewag vir die 40 800 dosisse wat deur die Covax-fasiliteit aangekoop is. Nangombe het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië het reeds vir die AstraZeneca-dosisse betaal.