Namibiërs trek ‘Lean on Me’ ‘n nuwe baadjie aan

Gondwana Collection Namibia het saam met plaaslike kunstenaars gewerk om die Amerikaanse sanger, Bill Withers, se bekende liedjie, Lean on Me, ‘n nuwe baadjie aan te trek om Namibiërs weer ‘n rede te gee om te glimlag. Gondwana Collection Namibia se handelsmerkbestuurder, Jescey Visage, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n inspirerende liedjie wat Namibiërs sal laat saamsing.